Saint John the Baptist Orthodox Monastery
Robertson Western Cape

6705

Telegram
QR code
×

Saint John the Baptist Orthodox Monastery QR code




Who we are

Ons is ‘n gemeente van die Afrika-Eksargaat van die Russies-Ortodokse Kerk, Moskou-Patriargaat, wat onlangs tot stand gekom het. Ons priester is Vr. Zacharias van Wyk. Ons vier tans op gereelde grondslag die Vesperdiens (die amptelike Aandgebed van die Kerk) en die Liturgie (die Nagmaaldiens) in ons kapel op Robertson, wat gewy is aan die Heilige Maria die Egiptenaar, een van die merkwaardigste vroue van die vroeë Kerk. Iedereen is welkom om in Afrikaans saam met ons te kom aanbid.

  Edit





Church Website


Saint John the Baptist Orthodox Monastery on Social Media



Leadership

Leader Name:
Hieromonk Zacharias van Wyk   Edit
Leader Position:
Priest   Edit
Phone:
Fax:
086-729-8536   Edit
Leader Email:
Click here to contact Hieromonk Zacharias van Wyk   Edit
Leader Bio:
Vr. Zacharias van Wyk is in 1946 in Beaufort-Wes gebore, het die grootste gedeelte van sy skoolopleiding by die Hoër Seunskool Cradock ondergaan en ‘n tyd lank as staatsamptenaar gewerk, toe ‘n BA-graad by Tuks gedoen, met Wysbegeerte en Engels as hoofvakke, was daarna ‘n tydlank onderwyser, toe vertaler by die Parlement en het in die laat Sewentigerjare met studies as Kliniese Sielkundige begin en sy Meestersgraad by Rhodes Universiteit voltooi, waarna hy 20 jaar lank ‘n privaatpraktyk as terapeut in Kaapstad bedryf het.

Gebore in ‘n NG-familie, met heelwat predikantvoorsate, het vr. Zacharias altyd ‘n intense belangstelling in die godsdiens gehad en het hy uit diepe oortuiging net na matriek Rooms-Katoliek geword, in ‘n tyd toe die Rooms-Katolieke Kerk deur ‘n hewige omwenteling gegaan het na die die Tweede Vatikaanse Konsilie, iets wat hy erg traumaties ervaar het. Later was hy meer as 20 jaar kerkloos, maar met die aanvang van die politieke skommelinge van die middel-tagtigerjare, het hy opnuut grondvrae begin vra, en na ‘n aantal jare van groot belangstelling in en die beoefening van Boedhistiese praktyke, het hy die Christendom herontdek, en kort daarna die Ortodokse Kerk, die ontdekking van sy lewe, wat daarop uitgeloop het dat hy in 1996 Ortodoks geword het.

Van vroeg af wou hy hierdie geestelike skat met sy mede-Afrikaansprekendes deel en het toe met vertalings en toonsettings van liturgiese tekste begin. Vandag kan die meeste van die groot feeste, en sekerlik die gewone Sondae van die jaar, volledig in Afrikaans gevier word. En wat ‘n pragtige liturgiese taal het Afrikaans nie geblyk te wees nie!   Edit


Mailing Address

“Betanië”
Posbus 78
Robertson, Western Cape
6705   Edit

Driving Directions to Saint John the Baptist Orthodox Monastery

A From:
B To:
, Robertson, Western Cape
Mode of Travel:




Travel/Direction Tips

Hoe om by ons te kom:
As ‘n mens van Worcester se kant af Robertson binnery, draai jy by die derde straat, Paul Krugerstraat (tussen die Spar en KFC) links. Ry tot heel aan die einde van Paul Krugerstraat, tot by die heel laaste stopstraat waar daar ‘n aanduiding is na links “Dassieshoek” en “Keurkloof”.

Draai links na Dassieshoek en Keurkloof. Die straat se naam is Paddystraat. Hou aan met hierdie straat, oor verskeie stopstrate, verby Droë Heuwel. By Droëheuwel (‘n HOP-huis woongebied) word die pad ‘n grondpad. Kort na dit ‘n grondpad geword het, is daar ‘n bordjie wat Keurkloof regs aandui.

Draai regs in Keurkloof. Na ongeveer 3 km sien ‘n mens die kerk vir die eerste keer, as ‘n mens om die laaste draai gegaan het. Baie maklik! Om op te som: Links in Paul Krugerstraat, links in Paddystraat en regs in Keurkloof. Dit is so eenvoudig!

GPS-Koördinate: -33.7704377,19.8966174   Edit



Saint John the Baptist Orthodox Monastery Service Times

Die viering van die Liturgie en ander liturgiese dienste vind op ‘n gereelde grondslag in Afrikaans plaas. Die algemene dienstye is soos volg:

Saterdae om 4 nm: Groot Vespers
Sondae om 9:30vm: Die Goddelike Liturgie

Vir die tye van ander dienste, skakel vr. Zacharias by 023-626-5345

Saint John the Baptist Orthodox Monastery service times last updated on the 23rd of March, 2024
print
PRINT
increase font size
ZOOM
add to calendar
ICAL
subscribe to updates
SUBSCRIBE
  Edit


Share this page:
Telegram
QR code
×

Saint John the Baptist Orthodox Monastery QR code


Worship Languages

Afrikaans   Edit



Other information






The power of Christian prayer "Satan trembles when he sees the weakest Christian on his knees."
William Cowper
Saint John the Baptist Orthodox Monastery listing was last updated on the 23rd of March, 2024
Subscribe to Updates
Please enter the correct information below. Thank you!
Subject:
Message:
Your Name (not required):
Your Email (not required):
This church page is missing service times. Please help this page visitors by submitting Saint John the Baptist Orthodox Monastery Service Times. Thank you!
Subject:
Saint John the Baptist Orthodox Monastery service times
Message:
Your Name:
Your Email:
Saint John the Baptist Orthodox Monastery Contact Form
Subject:
Your Name:
Your Email:
Message:
Subscribe to updates:
check this box to receive an email message when this page has been modified
Subscribe to Saint John the Baptist Orthodox Monastery updates
Subject:
Subscription to Saint John the Baptist Orthodox Monastery updates
Your Name:
Your Email:
As soon as Saint John the Baptist Orthodox Monastery updates this page, you'll be notified by email.
Go to top arrow Go to bottom arrow